Om na ‘n nuwe huis te trek kan die hele gesin onder druk plaas, maar goeie beplanning kan ‘n klomp onnodige stres en spanning voorkom.
Dit is eerstens noodsaaklik om seker te maak dat die inpakkery glad verloop, ongeag of jy dit self gaan aanpak of ‘n professionele span gaan huur.
“En indien jy wel pakkers gaan huur, moet jy hulle liefs vra om dit ‘n dag of twee voor die verhuising te doen en seker maak dat jy self teenwoordig is tydens die inpakkery,” sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep.
Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat jy seker moet maak dat jy ‘n volledige inventaris van die pakkers verkry, dat alle items en kartondose genommer is, en dat jy bykomende versekering uitneem, indien nodig.
Tweedens moet jy dit in gedagte hou dat die verhuisingsmaatskappy nie verantwoordelik is vir die breek of verlies van goedere wat jyself gepak het nie. “En jy behoort klein waardevolle items, soos juweliersware of muntversamelings, afsonderlik te pak en dit self te vervoer eerder as om dit saam met die res van jou huisraad te laat vervoer.”
Derdens moet jy seker maak dat jy teenwoordig is wanneer jou huisraad gelaai word en dat jy met die bestuurder in kontak kan bly terwyl die goedere vervoer word. Indien jy nie voor die vragwa by die nuwe adres kan wees nie, behoort jy te reël dat iemand hulle daar inwag.
En laastens, sê Everitt, moet jy items volgens die inventaris afmerk wanneer jou huisraad afgelaai word en enige verliese of beskadigde verpakking aanmeld voordat jy die bestuurder se kopie onderteken. Dit spaar ook baie werk en moeite indien die span werkers gevra word om dose en items na die vertrekke waar dit uitgepak of geplaas gaan word, te dra.
Uitgereik deur Chas Everitt International
Vir nadere inligting:
Berry Everitt
011 801 2500
of besoek www.chaseveritt.com
Distributed by/ versprei deur
The Mega/ Press Network
Pse direct any enquiries to
012-333-6644,
073-946-9649 or
megw@telkomsa.net