Suid-Afrikaners staan tou om eiendom op Mauritius, die gewilde eiland in die Indiese Oseaan, te koop sedert die instelling van ‘n plaaslike eiendomskema, bekend as RES (Real Estate Scheme) – en die heersende wêreldwye ekonomiese skommelinge steun dié tendens.
So sê Kentish Moorghen, algemene bestuurder van die nuwe Chas Everitt International-kantoor op die eiland, wat daarop wys dat RES voornemende kopers ietwat goedkoper eiendom bied as eiendom in die portefeulje van die geïntegreerde vakansieskema (IRS), wat ook aan buitelanders oopgestel is.
Gegewe die heersende ekonomiese toestande verkies SA beleggers om RES-eiendomme te koop, sê hy. Eiendom in dié skema se pryse wissel tussen sowat 18m rupees tot 25m rupees (ongeveer R6m) en bied gewoonlik ‘n swembad en ‘n uitsig oor die see.
Voornemende kopers het ‘n verblyfpermit, wat dan na private inwonerstatus omgeskakel moet word, nodig om vir die koop van eiendom te kwalifiseer. Buitelanders wat nie kontanttransaksies aangaan nie kan vir finansiering deur die IRS- en RES-skemas kwalifiseer, onderhewig aan goedkeuring deur die Beleggingsraad.
Moorghen sê: “Suid-Afrikaanse belangstelling in eiendom op Mautitius het die afgelope jare skerp gestyg. Mauritius bied ‘n relatiewe misdaadvrye, ontspanne leefwyse net vier ure per vliegtuig vanaf SA en die plaaslike inflasiekoers is baie bestendig. Boonop kan inwoners maklik al hulle sakebelange vanaf die eiland bestuur aangesien ons nou al die nodige geriewe het.”
Die kredietknyptang het om verstaanbare redes buitelandse belegging in die land beïnvloed en IRS-aankope het afgeneem maar Moorghen sê die mark sal waarskynlik bine die volgende ses maande of so begin draai. Konstruksiekoste gaan na verwagting ook daal, wat die mark ‘n verdere hupstoot sal gee.
Terselfdertyd sê hy dat die nuwe Chas Everitt-kantoor, wat uit die hoogs gerespekteerde plaaslike eiendomsmaatskappy, Davyland, ontstaan het, sukkel om voor te bly om in die vraag na alle soorte eiendom te voorsien. “Beleggers, waarvan die meeste Suid-Afrikaanse is, is reeds vertroud met die Chas Everitt-handelsnaam en dit, gekoppel aan ons trotse geskiedenis by Davyland, gee hulle en plaaslike beleggers die vertoue om met ons sake te doen.”
UITGEREIK DEUR CHAS EVERITT INTERNATIONAL
VIR NADERE INLIGTING:
KENTISH MOORGHEN
00 230 901 90730 OF BESOEK